Die ouer (ouderdoms gewys) Mishandelde Kind

Selfrespek en Bevestiging:  Mishandelde kinders voel nie goed oor hulsef nie. Kinders met minder selfrespek vaar dan ook nie goed op skool nie, is huiwerig om nuwe aktiwiteite aan te pak of vriende te maak, en verwag om nie goed behandel te word nie.  Kinders wat seksueel mishandel word, verwag gewoonlik dat hulle die skuld gaan kry.  Hulle kan selfs dink dat grootmense daarvan geweet het en dit laat voorgaan het.

Pleegouers kan selfrespek in hierdie kind weer help opbou deur hom/haar duidelik te laat verstaan dat hy/sy nie “sleg” is asgevolg van die mishandeling nie.  Hy/sy hoef nie skaam, anders of afgesonder te voel nie.  Bevestiging kan nuttig wees vir kinders om te hoor.  Dis is anders as lof, en jy kan bevestiging gebruik selfs as jou kind se gedrag buite beheer is.  Bevestigende stellings soos “Ek’s bly jy’s hier by ons” en “Ek hou van wie jy is” kan in hierdie omstandighede selfs belangriker wees as “Ek waardeer jou hulp in die tuin” of “Jy het vandag goed gespeel.”

Hierdie stellings klink dalk onnodig omdat jy so dikwels vir jou pleegkind sê dat jy hom/haar baie lief het, ongeag van wat met hom/haar gebeur het.  Maar jy weet nie watter betekenis saam met die woord ‘liefde’ vir die kind ingeprent is deur die oortreder, tydskrifte, koerante of die TV nie.  Seuns en meisies se selfrespek word soms op verskillende manier aangetas.  Vir seuns is die verlies van mag erger, want die drang na mag is vir hulle ‘n ingebore prioriteit.  Meisies is weer banger dat hulle nie meer waardig is om liefgehê te word nie.

Die belangrikheid van Profesionele Berading:  ‘n Goeie berader weet hoe om ‘n veilige atmosfeer te skep waar ‘n kind die vrymoedigheid kan hê om sy/haar verborge emosies en woede uit te spreek.  Wat jy as pleegouer doen, is terapeuties: jy luister, jy stel gerus en jy troos, maar ‘n opgeleide terapeut kan objektiwiteit en afstand verskaf en die kind sodoende in staat stel om kwessies deur te werk wat jur julle te pynlik is om saam te probeer deurwerk.

Hoe behandel ek die Mishandelde Kind? 

  • Huisreëls moet nogsteeds gehoorsaam word.
  • Woedeuitbarstings, drifbuie of woorde van haat is algemeen.  Laat dit toe, maar tref onderskeid tussen gevoelens en dade, en stel perke aan hoe die woede uitgedurk word.  Dit is veilig om vir jou kwaad te wees – dit was nie veilig om vir die oortreder kwaad te wees nie.
  • Help jou kind om beheer te herwin.  Kinders wat mishandel is, sukkel om beheer oor hul omgewing te herwin.  Enigiets wat jy kan doen om jou kind te help om meer in beheer te voel, sal hom/haar beter laat voel.  Dit is gewoonlik vir kinders ‘n veel groter probleem as die seksuele kwessies waarop volwassenes soms fokus.  Die herwinning van beheer beteken vir ‘n kind die vermoë om na hom/haarself te luiser, om sterk in plaas van hulpeloos te voel; om sekere keuses te maak; en die vermoë om gevoelens te vertrou.

Gaan die Mishandelde Kind ooit herstel?  Die herstel van seksuele mishandeling is nie ‘n egalige proses nie, maar meer soos ‘n tuimeltreinrit.  As die kind die oortreder sien, hof toe moet gaan, berading kry, iets op TV sien, of deur enigiets anders aan die mishandeling herinner word, kan dit woedeuitbarstings, nagmerries of ander gedragswyses veroorsaak.  Dit kan wees dat kinders wat “erger” voorkom, eintlik beter vaar omdat hulle moontlik nie soveel in hul binneste opkrop en so versigtig is dat hulle alle gevoelens ontken nie.  Hulle het ‘n manier gevind om hul gevoelens aan jou te kommunikeer.

Jy kan na jou kind se stabilisering uitsien, veral as hy/sy in die sorg is van ‘n professionele persoon wat bedrewe is in die behandeling van kinders wat seksueel mishandel is.  Ondanks die pynlike ervaring geld die volgende gesegde nie net vir gebreekte bene nie, maar ook in hierdie geval: “Mense is sterker daar waar hulle vantevore gebreek het nadat die breek herstel het.”  Dit verg egter alles tyd, en die kind moet toegelaat word om sy/haar eie pas aan te gee.

Vir Pleegouers:  Kry ondersteuning.  Veral as julle omsien na seksueel mishandelde kinders.  Skuif jul eie gevoelens opsy en spits jouself toe daarop om die kind te ondersteun.  Dit is nie maklik as jy self nie ondersteuning het nie.  Daarom, omring jouself met vriende, familie wat nie krities is nie.  Sluit aan by ‘n Pleegouerondersteuningsgroep.  Knyp tydjies af om alleen te wees.  Ruim tyd in om eenvoudig net te huil as jy dit nodig het, waar jou pleegkind jou nie kan sien nie.  Moenie vorige stresuitlaatkleppe, soos oefening, lees, in die bad ontspan, tuimaak ensv. nou op die agtergrond skuif nie.  Korttermynbberading vir jou en jou huweliksmaat is dalk raadsaam.  Dit maak geen sin om op jul eentjie te ly as ‘n berader julle kan help nie.

Dit sal beter word met tyd:  Jy moet besef dat dit mettertyd beter gaan word.  Jou pleegkind het ‘n verlies gely.  Hierdie verlies versoorsaak ‘n tipe verdriet wat nie onder normale omstandighede ervaar word nie.  Dit begin dalk die een dag lyk of dinge beter begin raak en stort dan die volgende dag ineen.  Die gebeurtenisse van die mishandelik speel oor en oor in jou pleegkind se kop af, hy/sy verdryf almal wat na aan hom/haar is, en hy/sy voel asof hul hulself verloor het en ween vir die ou een wat hulle was.  Pyn en smart kom in vlae.  Bly hom/haar verseker dat dit sal beter word en dat hierdie vlaag van wanhoop verby sal gaan.  As jou pleegkind vir ‘n lang tyd hartseer en kwaad is, of geen gevoelens toon nie, is dit blenagrik dat jy ekstra hulp vir hom/haar kry.

Aangepas uit: “Lewenspraatjies met Ouers” deur Izabella Little en Thomas Burkhalter

2 Responses to Die ouer (ouderdoms gewys) Mishandelde Kind

  1. Bianca says:

    Hi

    as ek nou n pleegsorg ouer wil wees plaas julle enige ras in n mens se sorg of kies n mens

Leave a Comment /or Share your Foster Care experience

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s