Het jy al ooit by ’n verkeerslig of straathoek gestop waar ’n bedelaar jou hartsnare geroer het, maar jy net nie gerus genoeg gevoel het om geld te gee nie?
Hier is ’n wonderlike idee wat jy in jou kar kan hou vir presies sulke geleenthede — ‘Blessing Bags’ — opgemaakte sakkies met nie bederfbare items in.
Die inhoud kan uit van die volgende items bestaan:
- Eetgoed: Bv. Pakkie soutkoekies, ‘Chips’, Kaaswiggies, Sakkie water/ koeldrank/ of sap, Grondboontjies, ‘Super C’ lekkers, Energiestafie, Jellie in bakkie met plastiek lepel, Hoë energie koekies, ens.
- Persoonlike higiëne items: bv. Tandepasta, Onderarm aanrol, “Lip ice”, ens.
Bygedra deur: Petro Fourie
Advertisements