2012 Pleegouer Waarderingsfunksie

Waardering“Waardering”.  Een woord wat diep gesete gevoelens van dankbaarheid en agting omskryf en weergee, aan iemand wat ‘n wesenlike impak of verskil in jou lewe maak of gemaak het!

Dit was ook die tema van die CMR Noord Kindersentrum se Veiligheid- en Pleegouer Ondersteuningsgroep se Jaareind funksie die afgelope Saterdag.  Hierin ook die penarie, want hoe kan enige iemand ooit die werklike impak van wat Pleegouers in die lewes van verwaarloosde, mishandelde en ongeminde kinders maak, en die waardering vir hul onbaatsugtige taak ten volle oordra?.  Maar deur gulhartige fondse, donasies en die gasvrye beskikbaarstelling van lieflike geriewe het die CMR ‘n druppel in die emmer van hul waardering aan pleegouers probeer oordra.

En wat ‘n waardevolle byeenkoms was dit nie.  Vroeg oggend al het ons Hemelse Vader Sy sluise van seën op die dag laat neer reën.  Die dorstige aarde, plante en diere het dit met waardering opgesuig en nuwe lewe laat voortspruit.  Die kosbare reën het die groep van DSCF1757sewe-en-dertig volwassenes en drie-en-veertig kinders in ‘n kombers van uniekbeskore en gedeelde pleegsorg ondervindinge toegevou.  Die besonderse braai/ontvangs area het ‘n fantastiese ‘buitelug’ atmosfeer aan die verwelkoming, gesellige saamkuier en smaaklike braai verleen.  Elke pleegouer het geborduurde ‘Hartjie Mamma’ en ‘Hartjie Pappa’ handoekies ontvang, met handgemaakte kaartjies by.  Die hartjie kaartjies is spesiaal deur ‘n baie talentvolle gestremde meisie vir die geleentheid gemaak.  Binne in elke kaartjie was twee sakkies tee om nóg herinneringe saam met ons geliefdes te deel.  Opgewonde giggels en skaterlag van plesier het die lug gevul toe die pleegouers hulle waarderings geskenkies aan hulle pleeg- en/of biologiesekinders uitdeel.  Dit was net geskenkpapiere die wereld vol!.  Teen die tyd wat die gedonateerde lekkergoedpakkies, ‘bubbles’ en motiverings armbandjies uitgedeel is, was dit amper ‘n gaos van uitbundige plesier.  Orals het ouers en kinders saamgespeel en dié spesiale oomblikke met mekaar gedeel.  Studente het elke kind wat wou, se gesiggie geverf om soos skoenlappers, ‘n blommetuin of selfs ‘Spiderman’ te lyk.  Heerlike roomys en ‘cup cakes’ het die laaste bietjie spasie in die alreeds vol spense ‘tjok en blok’ volgemaak.

DSCF1847‘n Klompie brawe kinders het die ligte reëntjie getrotseer en in die rotsswembad gaan baljaar.  Toe die reën ‘n bietjie opklaar het die volwassenes ook buite toe gekeer om die uitsig vanaf die koppie af te waardeer.  Dit was beeldskoon.  Sagte reënwolke het laag oor die Magaliesberg gehang, en kontrasterende kleure van blou, wit en swart was teen die hemelruim afgeëts.  Die skoon buitelug was heerlik verfrissend, en ‘n sagte briesie het ons gesigte gestreel.  Kinders het spontaan op die trampoelien gespring en hulle (asook verskeie grootmense) het kristal blink ‘bubbels’ geblaas en daarmee gespeel.  Asgevolg van die reën het die ‘bubbels’ nie gebars nie en het dit die lowergroen grasperke laat lyk soos iets uit ‘n sprokiesverhaal.  Pleegouers het oral rond gestaan en gesels om mekaar beter te leer ken, en uniek bekomde advies en ondervindinge met mekaar te deel.

Toe dit tyd was om totsiens te sê, was almal dit een dat net soos foto’s geneem is om die pretgevulde dag vastevang, net so is hierdie onvergeetlike dag vir ewig in ons gedeelde herinneringe vasgevang.  Ja, want herinneringe, net soos liefde, is op die beste wanneer dit gedeel word!

Advertisements

About Helouise Steenkamp

I'm a 45 plus, Devoted Wife and Mother. Adonai has blessed us with two Amazingly Wonderful Sons. We have had the privilege of being Place of Safety parents for 1 1/2 years and there after foster parents to a Darling Princess for 5 years. She was reconciled with her biological parents in Dec'14. Our hearts are still aching from the loss, but we know that as we trust Adonai with our salvation, so we can trust Him with her future. We welcomed our new 4 year old foster child on 05JUN'15.
This entry was posted in Ouerondersteuningsgroep, Sharing Experiences. Bookmark the permalink.

Leave a Comment /or Share your Foster Care experience

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s