Duur gekoopte advies uit my hart …

Omdat die pleegsorg ‘toekoms’ so onvoorspelbaar is, is dit van uiterste belang om op elke dag saam met die pleegkind te fokus en nie in terme van maande of jare te dink nie.

Vir my as pleegouer, is daar nie ‘n verskil tussen ons biologiese kinders en pleegkind nie. Kinders is almal, en sal altyd waardevolle en wonderlike geskenke van God af wees. Net aan ons geleen vir die tydperk wat God al lank voor die grondlegging van die aarde, bepaal het. Selfs met ons eie biologiese kinders is daar dus geen waarborge van hoe lank hulle vir ons geleen word nie!

In Klaagliedere 3: 22-23 het ons ‘n wonderlike en kosbare belofte dat God se krag/genade nuut is vir elke nuwe dag! Die toekoms is in Sy uiters bekwame hande, en dit is vir Hom om dit te bepaal. Al wat ons as pleegouers moet doen is om elke dag daar te wees om in die behoeftes van hierdie gebroke en stukkende kinders te voorsien.

Ek herhinder myself daagliks daaraan dat elke speelding wat ek optel, nagvrees wat ek probeer weg wieg, soentjie wat ek op traannat wangetjies soen, die deurmaak van elke ‘trauma gedrag’, dit alles is NOOIT OOIT nutteloos nie!. Dis ‘n belegging in die fondasie van die kind se lewe, wat verseël is met onvoorwaardelike liefde. Of die kind by julle as pleeggesin is vir drie maande of vir baie langer, niemand sal dit ooit van hom af kan wegvat nie!. “Liefde gaan nooit tot niet nie” 1 Korintiërs 13:8 (L.B.)

Baie sterkte aan AL die Hartjie Mammas en Pappas! – helouise

About Helouise Steenkamp

I'm a 45 plus, Devoted Wife and Mother. Adonai has blessed us with two Amazingly Wonderful Sons. We have had the privilege of being Place of Safety parents for 1 1/2 years and there after foster parents to a Darling Princess for 5 years. She was reconciled with her biological parents in Dec'14. Our hearts are still aching from the loss, but we know that as we trust Adonai with our salvation, so we can trust Him with her future. We welcomed our new 4 year old foster child on 05JUN'15.
This entry was posted in DAILY ENCOURAGEMENT, Foster Care Advice, Foster Parent Encouragement, Place of Safety Advice, Sharing Experiences, Words of Advice. Bookmark the permalink.

One Response to Duur gekoopte advies uit my hart …

  1. tracy.vandenbergh250@gmail.com says:

    Hallo

    Why is it that you have to be in the area to foster a child, surely it would be safer for the child to be in another town?, why can’t you go to different organization to foster a child, I am with the child welfare, but was told by the CMR that I have to stay with the child welfare, I don’t understand it their is a big need for foster parents, but nobody is willing to help,
    Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

Leave a Comment /or Share your Foster Care experience

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s