Hardloop die Pleegsorg Maraton

Geskryf deur:  Hester Korff

Augustus 2010 het sy die eerste keer hier aangekom, op ‘n bergfiets. Ons het met ‘n misverstand gedink sy is ons nuwe maatskaplike werker… My kinders lag nou nog omdat ons die “fine china” gepoets het vir tannie Gerdia!

Ons het baie in gemeen, dis nou ek en Gerdia. Ons albei het drie ouer broers, ons pa’s is oorlede, altwee aanbid by Doxa Deo, ons hou van ‘movies’ kyk en ons bly in Buffelsdrift op die liewe Moloto pad! Maar ons beste ooreenkomste is dat ons langasem vasbyters is. Jip, ons hardloop maratonne en maak lief-leen-lyfies groot… Pleegsorg!

Net soos maraton hardloop het pleegsorg ook eina opdraendes en knie-klap afdraendes wat dit voel of als uitmekaar val, lang uithou en aanhou dele en ook huppel lekker koelte kolle wat mens lawe! Ons oefen saam, huil saam, lag saam en hou saam uit. Want pleegsorg, net soos maraton hardloop, is makliker as iemand langs jou is en vir jou moed inpraat as die pad steil raak!

Ons poets nie meer die “fine china” vir tannie Gerdia nie, nee, ons kry ons grootste koffiebeker uit want almal is bly as tannie “Dia” kom kuier!

About Helouise Steenkamp

I'm a 45 plus, Devoted Wife and Mother. Adonai has blessed us with two Amazingly Wonderful Sons. We have had the privilege of being Place of Safety parents for 1 1/2 years and there after foster parents to a Darling Princess for 5 years. She was reconciled with her biological parents in Dec'14. Our hearts are still aching from the loss, but we know that as we trust Adonai with our salvation, so we can trust Him with her future. We welcomed our new 4 year old foster child on 05JUN'15.
This entry was posted in DAILY ENCOURAGEMENT, Sharing Experiences. Bookmark the permalink.

Leave a Comment /or Share your Foster Care experience

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s