Die Pleegsorg Funksie

Pleegouers speel ‘n belangrike rol in die lewens van sorgbehoewende kinders en families. Hoewel ‘n pleegouer se primêre taak is om ‘n kind tydelik te versorg, behels dit veel meer.

Daar word van pleegouers verwag om te voldoen aan die Staatswette en die Welsynsorganisasie se vereistes, asook om belangrike inligting oor die kind aan die pleegsorgtoesigwerker te kommunikeer.  Pleegouerskap beteken ook om in vennootskap te wees met die biologiese familie en die organisasie, asook om die kind te ondersteun tydens die plasing. Pleegouers is verantwoordelik vir die voorsiening in die kind se basiese behoeftes en vir die kind se inskakeling in die gesin. Soos die kind se biologiese ouers se saak vorder, kan dit ook behels dat die pleegouers die kind moet voorberei vir hereniging met sy eie ouers.

Pleegouers kry ook die geleentheid om waardevolle inligting rakende die kind, oor te dra aan die pleegsorgtoesigwerker en om deel te neem aan besluitneming rakende die kind. Aangesien pleegouers op ‘n voltydse basis die versorging van die kind behartig, is hulle dikwels die belangrikste bron van inligting oor hoe  ‘n kind aanpas by die skeiding van sy ouers, die interaksie met ander kinders, en sy vordering op skool.

DIE UITEINDELIKE OOGMERK VAN PLEEGSORG

Die uiteindelike oogmerk van pleegsorg is om hereniging te bewerkstellig met die pleegkind se biologiese gesin.  Hereniging sal plaasvind wanneer die kind se familie genoegsame aanpassing en veranderinge aangebring het om voldoende bewys aan die kinderhof te kan lewer, dat hulle veilige en ‘behoefte vervullende’ sorg aan die kind kan bied.

Wanneer daar na hereniging gewerk word, is vroeë en gereelde kontak tussen die kind in pleegsorg en hul ouers, broers en susters, en die uitgebreide familie noodsaaklik. Die toesighoudende maatskaplike werkers, sit dan ‘n  ‘Familie-plan’ uiteen van hoe en wanneer kinders kontak met hul families, insluitend enige broers en susters wat nie in dieselfde pleeghuis is nie, sal hê.

Selfs al stem pleegouers nie saam met ‘n bepaalde besluit van die organisasie nie, is dit nog steeds nodig om die organisasie se plan vir die kind te volg. As pleegouers ernstige kommer het oor die biologiese ouers se vermoë om veilige sorg vir die kind te voorsien, moet hulle die organisasie bewus maak daarvan. Pleegouers het ook die reg en verantwoordelikheid om inligting aan die organisasie te verskaf oor die kind, die kind se vordering, en enige bekommernisse wat hulle mag hê oor die kind.  Dit is die maatskaplike werker se verantwoordelikheid om probleme met die biologiese ouers op te neem en te hanteer, nie die taak van die pleegouers nie.

Onthou altyd dat die belangrikste deel van pleegsorg is ~ dat die kind se beste belange voorgehou moet word!

Advertisements

About Helouise Steenkamp

I'm a 45 plus, Devoted Wife and Mother. Adonai has blessed us with two Amazingly Wonderful Sons. We have had the privilege of being Place of Safety parents for 1 1/2 years and there after foster parents to a Darling Princess for 5 years. She was reconciled with her biological parents in Dec'14. Our hearts are still aching from the loss, but we know that as we trust Adonai with our salvation, so we can trust Him with her future. We welcomed our new 4 year old foster child on 05JUN'15.
This entry was posted in Foster Care Advice, Parenting with Love, Place of Safety Advice, Sharing Experiences, Training, Words of Advice. Bookmark the permalink.

50 Responses to Die Pleegsorg Funksie

  1. Jeandre swanepoel says:

    Wys hand tekens vir my en hy is 5 jaar oud en ek is 37 en sy ma en Susie van 12 bly by my ek help hulle en ek word so gehanteer

  2. angelique says:

    goeie dag ek is al raad op moedeloos en weti meer watter kant toe nie .my 4 kinders 11,9,4,1 is mei maand verwyder uit my en my man se sorg ons is hof toe en hul is 90dae gegee vir ondersoek want als wat in hof opgebring is is op hoor se .omdat die kinders en ek baie imisoneel was by hof is ek gewyer om hulle tesien ek mis my kinders baie en my seuntjie verjaar nou die 14de en dis sondag moedersdag ek is ook bang my dogterkie van n jaar gaan my nie meer onthou nie ek was al by die welsuin vrou maar sy net my net banger gemaak want sy praat van 2 jaar wat hul my kiedz gaan vat asb se my wat moet ek doen ek het ook die 22ste april my laaste ling verwag gaan hulle haar ook vat en wat staan my tedoen want ek weti meer nie ek mis my kinders onsetend baie en ek weet hulle ook asb ek vra mooi kan u my help

    • Dit is so moeilik om hierop te reageer, omdat elke situation so uniek is. Ek kan myself nie indink hoe groot jou verlies en verlange moet wees nie…

      Kan jy dalk die maatskaplike werker vra vir foto’s van jou kinders, en om die mense te ontmoet by wie jou kinders geplaas is? Miskien sal dit jou help om ‘n bietjie rustiger oor hulle versorging te voel, totdat julle kan besoek. Vra ook vir die maatskaplike werker of sy jou kan verwys na iemand toe vir berading, om oor hierdie groot verliese te kan praat.

      Dit is uiters belangrik dat julle die riglyne en vereistes van die kinderhof en maatskaplike werker moet volg in die proses om met julle kinders herenig te word. Hou aan om vir besoeke te vra, EN moet nooit besoeke oorslaan of kanseleer nie; en moet nooit opgee nie!

      Baie sterkte On 04 May 2016 16:09, “Foster Care in South Africa” wrote:

      >

      • angelique cilliers says:

        ek sal so maak het weer by landros gevra vir besoek op moedersdag en is weer af gekeer ek ken die mense waar kinders is maar omdat ek en my kinders so na aan mekaar was maak dit nie vir my makliker nie rk is bang my kinders vergeet my en dit breek my elke dag meer en meer

      • Dis baie belangrik dat jy jouself kalm probeer hou wanneer julle by mekaar is, sodat dit nie jou kinders verder ontstel, en besoeke negatief maak nie. As julle gereeld besoek sal jul kinders julle nie vergeet nie. Baie sterkte. On 07 May 2016 19:13, “Foster Care in South Africa” wrote:

        >

  3. Anoniem says:

    Goeie dag
    Ek wil graag navraag doen. My boetie se kind is tans in my ouers se sorg. En het al probeer om sy kind terug te kry, maar die proses word redelik vertraag. My pa gee geen hulp om om te sien na sy kind of oor haar veiligheid. Ek vind die maweek uit dat sy kind ban due busstop af loop tot by die tannie wat in middag na haar omsien. Dis vrek gevaarlik, hoe kan hulle toelaat dat ‘n 9-jarige dogtertjie alleen in die straat loop? Ek wil nou as tannie van die kind ook aansoek om pleegsorg vir die kind sou hulle nie die kind vir haar pa wil gee nie. Die ma het ook niks met haar tedoen nie en gee ook nie om vir haar nie. Let Wel ons bly saam my broer en sy meisie in huis en ek het ook self 2 kinders. Wat is ons kanse om haar te kan kry? Sy dogtertjie het ook al baie keer gese sy wil by haar pa bly.

  4. cornelia says:

    Hi ek is n ma wat beklei vir my kind. Ek het my 3 kinders by vriende van my suster gelos, nadat ek my werk en blyplek verloor het. En ook welsyn daarna op my gehad. Hulle het aan gebied om my te help sodat ek op my voete weer kon kom. Ons het brief op gestel wat die man geskryf het sodat kinders se pa nie net hulle daar kan vat nie. Ons het argiment op getel toe ek my kinders wou gaan kuier het. Man toe gese hy gaan welsyn toe gaan. Ek daarna na welsyn en hul my gese daar n s26 en ek mag nie my kinders kry. Intussen sien mense nie kans vir 2 groot seuns van 9 en 7 jaar nie en druig hul gaan hul weeshuis toe vat, my suster vat hul toe in . Nadat welsyn vrou gese het sy hul nie sal opdeel nie. Ek haar gese solank hul my ondersoek want ek weet my kan skoon. Daar was 3 hofsake vir my baba en welsyn my nie van 1 laat weet nie en deur dit my baba vir 3 maande in pleegsorg geplaas ek al ooral gegaan vir hulp maar niks. Nou kuier ek 1 keer n week by welsyn kantoere vir my seuntjie ek mag glad nie buite loop met hom nie. Ook leer pleeg ouers hom ma en pa se. Nou die dag hy perongelik geval toe kom skru man op my en se ek slegte ma voor welsyn en dat hy sy kind gaan huis toe vat. Van begin af lieg die mense oor dinge wat gebeur het. Nou het ek dat welsyn my ondersoek ek weer getrou, my ander 2 kinders bly by my het vir al. 7 maande ons eie bly plek . Ook het kinders hul eie kamers. Ook gegaan vir drug toets soos wat hul aan getyg het wat wys ek gebruik niks nie. Nou welsyn vrou gese dat sy in haar verslag gese het dat alles reg is maar omdat ek nou weer swanger is ek nie finansiheel kan sorg vir al die kinders nie. Ek het selfs n prokereer gekry en hy help nie my veel nie solank ek hom net betaal hy happy. Ek doen alles vir my kind maar weet nie meer wat anders ek kan doen nie . Ja ek nie prefek nie maar my kinders my alles. Het iemand vir my hulp . Ek bring regtig my kant . Ek weet daar ander mas wat nie omgee nie , maar ek doen en dit breuk my hart om my kind so min te sien . Selfs as die mense by my suster kuier met my kind laat hulle my nie toe by hom nie asb in Jesus naam vra ek hulp ek kan hom nie verloor vir 2 jaar nie ek al amper meer as 1 jaar gesky met hom oor mense wat lieg en ander wat nie hul werk doen nie.

  5. Erika says:

    My oudste dogter (23jr oud) het 2 buite egtelike kinders. Oudste 4jr oud en 2de een 1jr 5mnde. Oudste een word sedert geboorte deur ons finansieel gedra in alle opsigte en het ons bewyse daarvoor. Kind sedert geboorte meer woonagtig by ons (Moeder van biologiese ma en haar man) as by die biologiese ma self en is tans weer by ons tot verdere kennisgewing vanaf die biologiese ma.

    2de kind se biologiese pa (35jr oud) het wel vaderskap vir 2de kind aanvaar maar is geensins in staat om finansieel te voorsien nie. Hy is in Augustus van 2015 met my dogter getroud, maar wil geensins bydra tot die voorsiening en versorging van sowel die 1ste as 2de kind. Beide die kinders op moeder se van.

    Ons voorsien tans op gereelde basis in hul daarglikse behoeftes, oor ons voel dat dit nie ons
    kleinkinders se skuld is dat hulle sukkel nie, maar is ons in hierdie dae deur die biologiese moeder van die 2 minderjarige kinders genader en gevra om die jongste een ook te neem.

    Graag verneem ek die prosedures wat ons/ en sy kan volg om hierdie proses wetlik reg te laat verloop sonder dat daar komplikasies is

    Dankie

    • Kontrak asseblief die naaste CMR of Welsyns Organisasie aan julle, en maak ‘n afspraak met ‘n maatskaplike werker. Sy sal julle in die proses begelei. Daar is ‘n lys van landwye CSC Kintore op die informasie blad van hierdie blog. BAIE sterkte. On 05 Oct 2015 4:04 PM, “Foster Care in South Africa” wrote:

      >

  6. michele v d merwe says:

    Ek sit in n posisie wat ek meer inligting op verlang my kind is n jaar terug by my gewese skoonsuster geplaas as gevolg van my man se dood. Die hofbevel het aangedui die kind een keer elke maand die laaste naweek van elke maand en die lang vakansies na my toe moet kom en nou het ek my kind n jaar en n maand laas gesien is da enige iemand wat my raad kan gee asb die welsynwerker by cmr het net nooit terugvoering nie en die kind is nou half vervreemd van my wat sy ma is. Kan enige iemand my help asb.
    Michele van der Merwe
    0723516820 baie dankie

    • Ek beveel aan dat jy so gou as moontlik ‘n Gesins-Advokaat by die Department of Justice and Constitutional Development kantore kontak en die saak met hulle opneem (sien onderstaande besonderhede vir die Pretoria kantore of die aangehegte lys vir ander areas http://www.justice.gov.za/FMAdv/f_contacts.htm). Jy sal geduldig moet wees as jy van die gratis regshulp van die Gesins Advokaat wil gebruik maak! (As jy ‘n privaat prokureur/advokaat kan bekostig sal dinge baie vinniger verloop). Sterkte

      Pretoria – GP

      Adv C. Maree (Senior Family Advocate)

      Tel: 012 323 0760, Fax:012 323 9566

      E-mail:Pretoria-FA@justice.gov.za

      Postal Address: Private Bag X 8, Pretoria, 0001

      Physical Address: 4th Floor, Die Meent Building, c/o Andries & Pretorius Streets

      • michele14@mobileemail.vodafonesa.co.za says:

        Baie dankie vir die inligting ek het gisteraand ook met n sersant in die poliesie gepraat want sy het nou al 2 keer geweier om op te daag by die hof en sy het die hof bevel op al die punte verbreek so ek wil net al mu goed in orde kry dan gaan ek n saak maak van minagting van die hof op 2 aanklagtes. Ma baie dankie dit help dat daar mense is da buite wat omgee dankie

        Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

  7. Rene Van Rooyen says:

    Goeie Môre.
    Kan ek asb raad vra…
    My dogter 31jr oud het swanger geraak en is daar geen ondersteunig van vriend nie.Sy het verskeie kere al foto’s en sms gestuur oor baba maar hy reageer nie daarop nie.
    Sy het vêr van ons gebly en het haar werk (klein salaris) bedank en na haar ouerhuis teruggekom met net tas en boepie. Ons bly op n plaas in n klein dorpie.
    Ons sorg tans vir haar en my kleinseun.Sy is n wonderlike,goeie mamma, maar is nou sonder werk en blyplek.
    Werk is skaars hier en sal sy later as hy ( was prem baba) bietjie ouer en sterker is moet gaan werk soek op groter plekke.
    Ek was by ACVV en die een maatskaplikge werker het gese dat ons as grootouers hom in pleegsorg kan neem sodat hy stabiele versorging kan kry en ook sodat ons wettiglik na hom kan omsien tot tyd en wyl sy weer op haar voete is.Ons wil ook probeer om hom op ons medies te kry.
    Omdat ons nie in die betrokke maatskaplike werker se area bly nie is ek verwys na n ander een.
    Die, maatskaplike werker het egter gese dat ons slegs my kleinkind in pleegsorg kan neem indien my dogter nie net finansieel na hom kan kyk nie maar moet dan ook n swak/slegte ma wees, volgens die nuwe kinderwet? En omdat sy ons as n ondersteunings netwerk het en ek en my man beide werk kan ons hom nie in pleegsorg neem nie. Ek is nou “confuse” wat nou gemaak.
    Ek vra verskoning vir die lang relaas.
    Byvoorbaat dankie vir die raad
    Groetnis
    Rene Van Rooyen

    • Goeie middag Rene. Die nuwe kinderwet is ongelukkig oop vir verskeie interpretasies. Ongelukkig sal dit nie voldoende genoeg rede wees om jul kleinkind in pleegsorg te laat plaas, net om hom op jul medies te kry nie. Ek beveel aan dat julle ‘˜n Gesins-Advokaat by die “€˜Department of Justice and Constitutional Development”€™ kantore kontak en die saak met hulle opneem (volg die €˜link€™ vir ‘€˜n lys van kantore in ander areas http://www.justice.gov.za/FMAdv/f_contacts.htm). Baie sterkte.

      • Rene van Rooyen says:

        Baie dankie vir die terugvoering,die medies is mr bysaak, dit is egter belangrik dat hy fisies ,finansieel en emosioneel stabiliteit by ons kry tot my dogter self in staat is om dit vir hom te kan gee.Ons sal dan verder navraag doen soos jy aanbeveel.Baie Dankie
        Groetnis xxx

  8. Charmaine Geyser says:

    Goeiedag… Ek wil graag weet hoe word bepaal dat ‘n kind uit haar ma se sorg geneem moet word? My broer se dogter se babadogtertjie van 18 maande is onlangs net weggeneem deurdat sy die middag by die skool ingelig is dat sy nie die kind mag huistoe neem nie, en dat die kind in pleegsorg geplaas word…… Daarna het ‘n periode van 5 weke verloop voordat dit deur die hof bevestig is….In hierdie tyd het NIEMAND na haar toe gekom en enige ondersoek gedoen na haar omstandighede nie. Tans weier die maatskaplike werkster wat met die saak werk om enige van haar beskikbare telefone te beantwoord, so, daar kan glad nie gekommunikeer word nie. Blykbaar gaan die pleegouers nou ook sommer die kind by hulle kerk inseen. Is dit wetlik? Volgens my kennis moet daar ‘n ondersoek wees en indien moontlik, en wat ek wel glo moontlik is, die kind weer teruggeplaas word in haar ma se sorg. Hoe kan hulle hulle geloof op die kind afdwing? Is die ouer nie steeds die wetlike voog van daardie kind nie? Ek sal dit baie waardeer vir enige inligting van my van hulp kan wees in hierdie saak. By voorbaat baie dankie. Charmaine

    • Goeie more. Dit is nie die maatskaplike Werkers nie, maar die Kinderhof wat kinders as sorgbehoewend bevind en uit hul ouers se sorg laat verwyder. Die tydelike verwydering kan dan oorgaan in ‘n ‎Pleegsorgbevel waar Beide die biologiese ouers sowel as die voornemende pleegouers voor die Landros verskein. Dis vir my vreemd dat jou broer se dogter nie bewus was van die proses nie, omdat dit ‘n vereiste van die Kinderhof is om die ouers tydens die hofverigtinge daarna uit te vra en ‘n herenigingsplan met hulle in persoon te bespreek.   Sent from my BlackBerry 10 smartphone. From: Foster Care in South AfricaSent: Monday 26 May 2014 21:54To: helouiseS@gmail.comReply To: comment+rd8qzuo2832rfi_0_aee8r3b_a@comment.wordpress.comSubject: [Foster Care in South Africa] Comment: “Die Pleegsorg Funksie”

      a:hover { color: red; } a { text-decoration: none; color: #0088cc; } a.primaryactionlink:link, a.primaryactionlink:visited { background-color: #2585B2; color: #fff; } a.primaryactionlink:hover, a.primaryactionlink:active { background-color: #11729E !important; color: #fff !important; }

      /* @media only screen and (max-device-width: 480px) { .post { min-width: 700px !important; } } */ WordPress.com

  9. rentia says:

    Hallo daar.
    Ek wil net n paar vrae vra oor pleegsorg in die algemeen. In ons dorp is n 8 jarige tweeling onlangs wees gelaat. Die mamma is oorlede verlede maand en hulle het geen ander familie nie. Die SAVF het n beriggie in ons plaaslike koerantjie geplaas vir dringende pleegsorg vir die tweetjies. Ek het onmiddellik reageer daarop en het intussen uitgevind dat hulle tans in verskillende plekke van veiligheid is. Die dogtertjie doen goed op skool, maar die seuntjie het probleme. Hy moet in n spesiale skool geplaas word (en koshuis) en sal dan net naweke en vakansies in pleegsorg wees volgens die welsynswerkster met wie ek gesels het, maar die dogtertjie voltyds. Ek het gereel om die nodige vorms te voltooi vir die aansoek om pleegsorg vir hulle en sal dit nou more gaan afhaal. En sal dan ook meer inligting he oor die seuntjie se probleme wat hy het. Tot dusver het ek nog net telefonies met die dame by die SAVF gesels. Ek het nog nie eers die 2tjies ontmoet nie. Ek wil weet of die kostes van die spesiale skool op die pleegouers val? en Ek wil weet of indien die kinders weeskinders is met geen ander familie nie, kan hulle weggeneem word van pleegouers en vir aanneming aan ander mense gegee word of by ander mense geplaas word? Ek wil nie geheg raak aan die kindertjies en dan word hulle weggeneem nie. Dan wil ek ook weet indien die kinders in pleegsorg by ons geplaas word… mag ons verhuis en hulle saamneem? Ek vra omdat dit kan gebeur dat mens verhuis na n ander dorp of provinsie, en weereens wil ek nie as gevolg daarvan die kinders weer teruggee nadat mens aan hulle geheg geraak het nie.

    • Goeie middag. Pleegouers is aanspreeklik vir alle opvoedkundige, versorgende en mediese onkostes van pleegkinders, tensy dit vanaf ‘n Staatsinstansie bekom word. Pleegouers ontvang ‘n maandlikse toelaag van R800 per kind as toelaag vir die pleegkind/ers se versorging.In pleegsorg is daar geen waarborge van permanensie nie, maar omdat Elke situasie so uiteenlopend uniek is beveel ek julle ten sterkste aan om eers ‘n afspraak met Maatskaplike Werker te maak en die situasie te bespreek, alvorens julle enige verdere besluite neem. Sy is die enige persoon wat al die feite en inligting rondom hierdie kinders se verlede en die beplanning rondom hulle toekoms beskik. Baie sterkste!

  10. Lourenca says:

    Hi ek het my eie 4jarige kleinseun in my sorg op hofbevel tot 2015 ek weet nie wie en waar om inligting te bekom oor wat pleegouers mag,moet doen ,my kleinseun ly aan skeidingsangs hom vir 3ure in cresh geplaas 3 maal n dag ,hy huil verskriklik en is so moeg emosioneel wanneer ek hom gaan haal ,hy wag net vir sy ouma se hy het homself al nat gepiepie en so bly sit vir 3 ure hy huil al die vorige dag as hy weet hy gaan.my seun het toe afspraak met maatskaplike werkster gereel hy voel ek moes hom nie uitgehaal het nei.ek het en wil januarie weer probeer en hom nou in raga sport ens insit om te stimmileer met maatjies hys baie vas aan my(ook sy ouma,en lpeegmoeder.maatskaplike werkster het my beveel ek moet hom terug sit januarie en nie uithaal ,ek wil weet ek self was 21 jarige in medies self profesioneel en gaan die beste besluit neem vir hom ,in sy belange dus net dat 21maande moet ek volgens hul pype dans wat is my regte ,tel my mening ek het alles voorsien en hyl verwag ek moet nog steeds nappies ens gee,hy slaap net met n nappie in die aand ,want daar is nog baie glipse,na wie kan ek verwys word om net meer inligting vrae kan vra oor pleegsorg ek wil die beste vir my kleinkind doen hy verdien dit,maar op die oomblik is my gesondheid geraak want ek voel soos n stout kind wat die ouers my seun tevrede moet stel.hul kry hul seun elke naweek nou moet ek nog besoektyd afstaan my en my man gaan onder geweldige stres want dus my seun nog en my kleinkind.asb is daar iemand wat ek kan kontak net vrae ,vrae ek bly in die kaap brackenfell. ek voel nie gelukkig met maatskaplike

    • Goeie middag. U moet die Handelende Maatskaplike Werker kontak en die situasie met haar bespreek. Indien u daarna nogsteeds voel dat u bekommernisse en objeksies m.b.t. u kleinkind nie verwerk word nie, dring daarop aan dat daar ‘n netwerk met die Takbestuurder gehou moet word en bespreek dan die situasie met hom/haar. Baie sterkte.

  11. marie says:

    Goeie dag
    ek wil net uitvind, kan n paartjie wat lank bymekaar bly, n kind aan die vrou se famielie, soos in met pleegsorg neem of na hom kyk sonder enige wettige dokumentasie van die kinder welsyn of kinderhof, as die ma papiere by `n prokureur geteken het en wie moet dan aansoek doen vir die sassa fondse en hoe gaan mens te werk. en wat is die pleegouers se regte dan.

    • Goeie middag. Pleegsorg is NET wettig in die o van die wet, indien dit deur die kinderhof ondersoek en goedgekeur is. Dan eers sal die pleegouers geregtig wees op die maandelikse SASSA toelaag.
      ‘n Paartjie wat al lank saamwoon en stabiele inkomste en woonomstandighede het, sal beslis oorweeg word vir pleegsorg.

      • marie says:

        Goeie Middag
        Dankie vir die terugvoering, want sien die situasie is dat die seun se vader oorlede is en daar twee kinders in die huwelik gebore is, maar die ma wil slegs, dat die 1 seun wat nou in grd2 is by ons woon en nie die ander enetjie nie, hy is nou 2 jaar oud en wel ons peetkind. op hierdie stadium sorg ons vir die oudste enetjie, in al sy behoeftes, soos bv
        skool, klere, lekernye, fondse vir die naskool, want ons altwee is werksaam tot vyf, en het nou ook sy jaarlikse skoolgelde betaal, wat sy ma agtergelaat het om te betaal, alhoewel sy fondse tot haar beskikking gehad het, en nou is sy werkloos en bly saam `n ander.

      • Mevrou dit is wonderlik van julle om na hom omtesien, maar glad nie huidiglik vir hom of vir julle enige beskerming in nie. Hoe gaan hy voel oor ‘n paar jaar dat sy boetie by mamma mag bly maar nie hy nie, ens. Kontak asseblief onmiddelik die naaste CMR kantore, en gaan bespreek die saak met hulle, sodat die situasie behoorlik ondersoek kan word, en die plasing wetig gemaak kan word. Hulle sal hom nie by julle verwyder net omdaty julle nie getroud is nie! Wanneer die plasing wettig is kwalifiseer julle ook vir gratis Staatsskoolfonds, en ‘n Maatskaplike Werker wat sy en julle belange op die hart dra.

      • Dit is werklik ons plig om kinders te beskerm wat nie hulle self kan beskerm nie! Die Here sal julle daarin sen!

      • Hi Berni. As dit dan die ACVV se ‘gevolgtrekking’ is, kontak dan onmiddelik die CMR George by (044) 874-5013 en gaan sien hulle, sodat hulle jou van hulp kan wees. Al hoe jy gratis skoolfonds in Staatskole en die SASSA toelaag gaan kry is deur die pleegsorg wettig te laat doen. As jou suster nie die plasing teenstaan nie, en alles alreeds in plek is behoort dit nie langer as drie maande te vat vir die saak deur die Kinderhof afgehandel te word nie.

      • marie says:

        Baie dankie vir die terugvoering, ek gaan dit beslis voorstel aan die mamma, en vir haar se sy doen haar kind n onreg aan om so sonder sy boetie by sy nuwe ouerhuis groot te word, en ook die enetjie by haar, sy ontneem hom van n ordentlike opvoeding , omgee, van kindsbeen tot volwassenheid.

    • Gerda says:

      hey hougan dit ek het biekie vra wat ek wil vra

      • Gerda says:

        ja dit is n lang storie en baie deer mekaar n vriend se kinders is weg gevat lank trug al die ma het gese hy het gepeeter met hulle en dit is die sak uit die hof uit gegooi en na die tyd ook trug getrek en die kinderz was in iemand se sorg geplaas en hy se die ma het hulle net weg gegee . tot hy gaan om te hoor waar sy kinders is is huule aan geneem en nou mag hy hulle nie sien nie die moeder het niks kontak met die kinders nie want sy gee nie om nie hy wil weer kontak he met sy kinderz maar weet nie hou en wat om te doen nie is daar hulp dat ons kan kry om hom te kan het asb

      • Goeie more. Ek is ongelukkig nie so bekend met aanneming nie, maar weet dat dit nie sommer net so kan gebeur nie. Die Kinderhof is in teendeel baie huiwerig om aannemings goed te keur. Ek dra net van een geval kennis waar aanneming toegestaan sou word sonder dat die biologiese pa toestemming geteken het, en dit is as hy die kinders (of hul Maatskaplike Werker) vir langer as drie maande nie gekontak het nie, en m.a.w. verlaat het, en onopspoorbaar was.

        Sent from Samsung tabletFoster Care

      • Gerda says:

        goeie mre
        ek sal maar uit vind en dan met u oor dit praat baie dankie vir u se trug voer waardeer dit baie

  12. Berdene says:

    Hi, my suster se 2 kinders was uit hul sorg geneem deur die welsyn en in my sorg geplaas. Later vind ek uit wat ek hulle wil dokter/ cliniek toe wil neem omdat hulle medikasie benodig om te konsentreer in skoolwerk. Sal ek uitvind hulle is in my sorg geplaas sonder ‘n hofbevel. Ek het al so baie onkostes aangegaan om die kinders se welstand. Skole soek verslae sodat ek kan afslag kan kry by skool. Kliniek by ons soek verslae van hulle mediese rekort en ek sit met hande in my hare. Ek is enkel ouer van 4 kinders nou en voel dat die welsyn wat kinders in my sorg geplaas het sonder hofbevel sal moet antwoord gee. Arme kinders is al deur so baie trauma en selfs my eie kinders ly ook nou daar onder. Nou gooi alby skouers in die lug en die saak staan stil. Finansieel kry ek geen hul of ondersteuning van die staat nie. Hoe gaan ek nou te werk?

    • Deur watter instansie is die kinders in u sorg geplaas?

      • Berdene says:

        Hi, kinders was in Brackenfell laerskool in weskaap en die skool welsyn het alle reelings getref. So is kinders in my sorg geplaas van Brackenfell na George nou sukkel ek om mediese verslae te kry, staats hulp en kliniek aan ons kant van George soek bewyse dat kinders we’ll wettig in my sorg is voor enige mediese behandeling getref kan word. Kinders is deur vreeslike truama en beinvloed hul skool werk, van my kant probeer ek alles om hul die beste te gee maar word geblok met besluite aangaande kinders se welstand.

      • Sjoe! Sover ek weet het skool maatskaplike werkers geen wetlike reg om kinders te verwyder, sonder ‘n wettige kinderhof bevel nie. As dit wetlik gedoen is sal die geval dan aan die Departement of ‘n privaat instansie oorgegee geword het wat toesig sal hou oor die plasing.

      • Berdene says:

        Wat staan my nou tedoen? Sodat die saak vervolg word. As dit die geval is dat kinders onwettig in my sorg geplaas is. Gaan die kindertjies ontwrug word met die heen en weer se plasing! Ek is raad op en loop van een muur vas teen ander.

      • Die kinders is tans in plek-van-veiligheid by jou, en daarvoor kry ‘n mens geen vergoeding vanaf SASSA nie. Sodra die plasing (gewoonlik na ongeveer 3 maande) voor die Landros van die Kinderhof verskyn en deur hom goedgekeur word, dan eers kwalifiseer die pleegouer vir ‘n maandlikse toelae van ongeveer R750 per kind. Volgens wet moet hulle jou, toe die kinders by jou geplaas is, dadelik van ‘n Vorm 5 (aanhoudingsbevel deur kommisaris) voorsien het. Die vorm sal jou instaat stel om die kinders vir gratis mediesesorg by die plaaslike provinsiale hospitale en klinieke te kan neem. Ongelukkig word privaat mediesesorg nie gedek deur ‘n plek-van-veiligheid of pleegsorg bevel nie. As plek-van-veiligheid ouer is jy geregtig daarop dat jou ACVV Maatskaplike Werker jou van inligting, raad en hulp voorsien om al die dokumentasie te bekom wat jy nodig het. Jy noem nie waar jou suster is nie? Sy moet tog al die kinders se kliniekkaarte ens. vir jou kan gee. MAAR dit is nie ‘n vereiste waarop dokters, klinieke of staatshospitale sorg aan die kinders kan weier nie. As jy die Vorm 5 saamvat MOET hulle jou help. As die plasing deur die CMR gedoen is kon ek jou van baie meer hulp voorsien het, maar ek het ongelukkig geen kontakte by die ACVV nie. BAIE sterkte en kontak my gerus as jy nog vrae het waarmee ek jou kan help.

      • Berdene says:

        Baie dankie, dit is die dokument wat ek benodig om hulle mediese omstandighede te kan uitsorteer. Sodat hulle kan begin met behandeling en berading. Ek wou hulle op my medies sit en my mediese fonds het aangevra vir daai vorm. Ek het gegaan na kliniek vir behandeling maar voor hulle kinders kan help soek hulle daai vorm. Ek het kids se geboorte serifikate en kliniek kaarte maar soek ook daai vorm. Ek sal we’ll ACVV aan vra vir daai dokument sodat kinders kan begin met behandeling so spoedig as moontlik want my vrees is dat hul volgende jaar die selfde graad moet oor doen dan sal dit die arme kindertjies nog verder breek. Kinders het gereelde kontak met hulle ouers en ek laat hulle kom kuier vir kinders in gereelde bases onder my toesig. Ek laat die kinders ook verstaan dat hulle mamma en pappa baie lief is vir hulle en hulle nooit sal weggooi nie. Tot hulle, hul self weer op regte pad het: geestelik, fisies, emosioneel en finansieel sal ek sorg kinders sal die beste sorg kry.

      • My raad aan jou is om dadelik ‘n afspraak by die ACVV kantore te maak en daar te sit totdat hulle jou van die Vorm 5 voorsien. Moet nooit ophou om hulle te teister totdat hulle die saak voor die kinderhof voorle en die pleegsorgplasing goedgekeur word nie! Bel elke tweede dag, as jy moet totdat hulle jou hoor en help. Die werkers is toegegooi onder werk, en help die een wat die meeste pla die gouste. Baie sterkte.

      • Berdene says:

        Baie dankie ek sal beslus, ek bel sommer nou al nogmals dankie teminste weet ek nou van watter vorm almal nou gepraat het en niemand kon sê wat die dokument se naam is. Maar u het my nou redelike informasie gegee waarmee ek kan aangaan solank.

      • Dis ‘n plesier. Ek wil ook net vir jou uit my hart uit BAIE dankie se dat jy bereid is om onvoorwaardelik daar vir hulle te wees! Daar is vandag min mense oor wat nog beried is om hulle harte vir hulle eie familie oop te maak. Mag ons Hemelse Vader jou seen met weisheid en geduld, en julle paaie gelyk maak. Baie sterkte!

      • Het julle ‘n Toesighoudende Maatskaplie Werker? En was julle in die Kinderhof vir die pleegsorgplasing?

      • Berdene says:

        Sover soos ek verstaan was daar nog niks voor die hof voor gelê nie. Nou is die welsyn (ACVV) van my kant met die werk met die welsyn van die laerskool B/fell inverband met die saak. Sover is daar net ‘n verslag van daai kant gewees redes hoekom kinders in my pleegsorg geplaas word. Maar niks hof of enige ander dokumente is vir my in plek nie. Dit kom nou al van verlede kwartaal so aan en ek sien geen vordering nie.

  13. Juriana Klopper says:

    Hoe word n kind deur die ma in pleegsorg geplaas sonder die biologiese pa weet daarvan

    • Goeie middag. Kinders wat deur die hof ‘sorgbehoewend’ bevind word, word deur die hof in pleegsorg geplaas. Indien die ma/pa of albei ouers voel hulle kind/ers is sorgbehoewend, moet hulle ‘n Maatskaplike Werker gaan raadpleeg. Sterkte.

      • stefan says:

        Hi help asb ek het 2 kidz in pleeg sorg by my al v 2 jaar die kinders moet trug gaan maar huil verskriklik dat hulle by ons wil bly eks ook baia lief vir hulle en ons is baia geheg aan mekaar is daar iets wat ek kan doen of sal ek hulle ooit wee sien as hulle trug gaan wat is my regte as hul trug gaan kan ek so iets keer

Leave a Comment /or Share your Foster Care experience

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s