Juweeltye met Pa

Pa, het jy geweet?  … Jy kan alledaagse aktiwiteite in juweeltye met jou kind omskep:

  • Roep jou kind om saam te kyk as daar weer ‘n interessante, leersame program op televisie is;
  • Wys leersame artikels in tydskrifte vir jou kind uit;
  • Laat hom/haar toe om saam met jou die diere kos te gee, die swembad skoon te maak, of om bossies uit te trek in die tuin.  Maak dit ‘n lekker geselstyd;
  • Neem een kind op ‘n slag saam winkels toe.  Koop dan net vir daardie kind ‘n klein lekkertjie, maar maak dit ‘n groot geheim tussen julle twee.  Al die kinders weet wel metter tyd dat dit met elkeen gebeur, maar dit bly ‘n goed bewaarde geheim.
  • Sien raak as jou kind jou hulp nodig het.  Hiermee ‘n ‘ware-lewe’ voorbeeld: “As die jongste van twee het Ousus altyd my wegkruipplek gekry en my geblok as ons wegkruipertjie gespeel het.  Eendag, terwyl my pa in die tuinpaadjie gestaan het, het hy besef dat ek ‘n bietjie hulp benodig.  Terwyl ek weer op soek na ‘n wegkruipplek was, het hy my agter sy lyf laat wegkruip.  Soos my suter verbygeloop het, het hy voor my ingeskuif, todat ek veilig kon hardloop om myself te blok.  Sal ek dit ooit vergeet? Nee NOOIT nie!”
  • Neem soms jou kind saam na dit wat jy vir ontspanning doen: visvang, sport gaan kyk, ens.;
  • Sê vir jou dogter sy is mooi en vir jou seun hy is sterk en slim (waar van toepassing).  Ons jaag nie hierdie dinge na nie, maar ons wil dit tog by ons Pa hoor;
  • As die rots in jou kind se lewe, wees die beskermer en betroubare een deur op te kom vir jou kind as hy swaar kry of aan die kortste ent trek;
  • Wees by jou kind se sportgeleenthede, maar ook by die koor en die redenaarkompetisies.

Vir al die Ma’s wat sien Pa gaan nie hierdie pos lees nie, julle het genoeg wysheid om dit subtiel aan te moedig en Pa die ster in hul kind se lewe te maak.  Moenie bekommerd wees dat jy jou posisie sal verloor nie.  Soos wat jy Kind en Pa se verhouding help versterk, word die hele gesinskring net warmer en sterker!

Advertisements

About Helouise Steenkamp

I'm a 45 plus, Devoted Wife and Mother. Adonai has blessed us with two Amazingly Wonderful Sons. We have had the privilege of being Place of Safety parents for 1 1/2 years and there after foster parents to a Darling Princess for 5 years. She was reconciled with her biological parents in Dec'14. Our hearts are still aching from the loss, but we know that as we trust Adonai with our salvation, so we can trust Him with her future. We welcomed our new 4 year old foster child on 05JUN'15.
This entry was posted in Creating Lasting Memories, DAILY ENCOURAGEMENT, Foster Care Advice, Helping to bring Healing, Knitting Your Family, Parenting with Love, Place of Safety Advice, Words of Advice. Bookmark the permalink.

Leave a Comment /or Share your Foster Care experience

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s