Interaksie tussen die Pleegouers en die Pleegsorgtoesigwerker

Die meeste kommunikasie probleme tussen die pleegouer en die pleegsorgtoesigwerker, ontstaan as gevolg van ‘n gebrek aan begrip en onvervulde verwagtinge aan beide kante. Hierdie probleme kan egter maklik uitgesorteer word deur elke party genoegsaam in te lig oor die ander se funksies en sienswyses.

Kom ons kyk na ‘n tipiese voorbeeld:  ‘n Pleegouer ervaar ‘n krisis rondom die pleegkind en kontak die pleegsorgwerker vir hulp.  Hulle verwag onmiddellike reaksie en kommunikasie vanaf die pleegsorgtoesigwerker.  Op dieselfde dag kontak ander families dieselfde werker met hulle ‘krisisse’, en sy moet dan die krisis oproepe prioritiseer.  Ja, dit is ‘n probleem dat Shawn vir rook opgeskort is by die skool, maar in ‘ n ander pleeggesin het Bernard sopas ‘n ander kind aangerand. Op watter oproep sou jy eerste konsentreer?

Die beste manier om kommunikasie probleme te vermy en doeltreffende kommunikasie te verseker, is om die rolle en verwagtinge van elke party vroegtydig in die verhouding tot stand te bring. Bespreek so gou as moontlik die volgende met jou pleegsorgtoesigwerker, sodat julle ‘n sterk en ondersteunende verhouding met mekaar kan opbou.

  • Vind uit watter metode van kommunikasie sy verkies – ‘n telefoonoproep / e-pos of beide. E-posse blyk gewoonlik die voorkeur te wees, aangesien dit ‘n vorm van direkte dokumentasie is en die pleegouer nie daaroor hoef te bekommer dat die pleegsorgtoesigwerker onderbreek word nie.
  • Kry ‘n aanduiding van hoe lank jy moet wag vir ‘n antwoord op normale korrespondensie.
  • Kom ook ooreen watter vorm van kommunikasie verkies word rakende ‘n situasie wat as ‘n krisis beskou word.
  • Vra vir uitklaring en duidelikheid rondom wat jou pleegsorgtoesigwerker as ‘n krisis sou beskou en wat jou sienswyse van ‘n krisis is.  Definieer dit dan tussen mekaar, indien dit sou verskil.
  • Vind uit hoeveel aktiewe pleegsorggevalle sy op haar werkskedule het. Dit kan baie help om jou ‘n realistiese perspektief te gee van die aantal pleegfamilies en pleegkinders wat sy ondersteun.
  • Onthou om ook jou pleegsorgtoesigwerker ook in te lig oor jou daaglikse verantwoordelikhede en wat jy as prioriteite in jou gesin voorhou. Weet jou pleegsorgwerker dat jy voltyds werk, of dat jy dit geniet om Woensdae as vrywilliger by jou kind se skool uit te help? Jou werker het hierdie inligting nodig, vir wanneer daar ‘n ouerbesoek of dokters afspraak geskeduleer moet word.
Advertisements

About Helouise Steenkamp

I'm a 45 plus, Devoted Wife and Mother. Adonai has blessed us with two Amazingly Wonderful Sons. We have had the privilege of being Place of Safety parents for 1 1/2 years and there after foster parents to a Darling Princess for 5 years. She was reconciled with her biological parents in Dec'14. Our hearts are still aching from the loss, but we know that as we trust Adonai with our salvation, so we can trust Him with her future. We welcomed our new 4 year old foster child on 05JUN'15.
This entry was posted in Foster Care Advice, Place of Safety Advice, Words of Advice. Bookmark the permalink.

Leave a Comment /or Share your Foster Care experience

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s