Ondersteuningsgroep – Veiligheids/Pleegsorg Ouers Jaareindfunksie (deur MJ Uys)

In die materialistiese samelewing waarin ons vandag lewe het ons gewoond geraak aan behoeftes wat onmiddelik bevredig kan word. Ons het begin afstomp vir die konsep van kosbaarheid en waardering.

Wanneer die dag aanbreek dat ons egter iets nie kan bekom of ons behoeftes nie bevredig kan word nie begin die kosbaarheid en waardering daarvan toeneem. Hoeveel van ons wat geliefdes aan die dood afgestaan het verstaan hierdie gedagte nie? Dinge wat voorheen as vanselfsprekend aangeneem was, het skielik baie meer betekenis. Hartseer,verlies en ontbering is onaangename dinge om deur te gaan, dit leer ons egter wat kosbaarheid en waardering is.

Ons kan niks doen om die verlede te verander nie, maar ons kan wel daaruit leer. Tyd en lewe is kosbaar en kort. Die tyd aan ‘n kind gespandeer is sekerlik die kosbaarste geskenk wat hy of sy kan ontvang. Waardering kom miskien lank nadat die tyd verstryk het en die lewe heengegaan het, tog bly dit kosbaar.

Die beste dinge in die lewe is verniet, dit beteken egter nie dat ons nie ons waardering daarvoor moet uitspreek en in dankbaarheid moet lewe nie of ligtelik daarmee moet omgaan nie. Ons moet ons Hemelse Vader dank vir elke seëning en voorreg en ons waardering daarvan uitleef.

Die dag waar ons as pleeg- en veiligheidsouers en kinders bymekaar gekom het sal in ons en ons kinders se geheue bly staan as ‘n spesiale dag van waardering . Dit het ‘n spesiale groep mense bymekaar gebring om die gedagte te vier dat , hoop en liefde bestaan, dat die geskenk van lewe gevier moet word en in die stilligheid ‘n diepe waardering gehad het vir hierdie kosbare gebeurtenis. Die samehorigheids gevoel het ook meegebring dat ons nie meer alleen voel nie. Ons het mekaar gesien, en mekaar se verhale gehoor. Daar is niks wat die plek van ware menslike interaksie kan inneem nie.

Uit hierdie samekoms het ‘n wonderlike gebeurtenis gespruit: een van die pleegouers het aangebied om vir die herstel van ‘n ander pleegouerpaar se kindjie se ore te betaal. Ons wil groot waardering hiervoor uitspreek.

Vir ‘n beter sonskyn dag en plek kon ons nie gevra het nie. Die mooiste uitsig vanaf hoog op teen die Daspoortrant oor die Mootvallei tot teenoor die Magaliesberge. Onder die skadu van groot bome en omring deur ‘n verskeidenheid van broodbome met lieflike groen grasperke waarop ons kon sit, met ‘n ligte briesie om ons af te koel. Ons is deur Minka welkom geheet. Toesprake en bedankings is gedoen. Geskenke is uitgedeel en daar was ‘n yslike roomyskoek, heerlik! Die kinders het baljaar op die springkasteel, trampolien en in die swembad. Die ouers het gekuier om die braaivleisvure en onder die bome in ‘n ontspanne atmosfeer van die pragtige tuin.

Ons wil graag ons waardering uitspreek teenoor ‘n ieder en elk wat teenwoordig was en vir elkeen wat ‘n bydrae gelewer het hoe gering ook al. Ons wil ook ons waardering uitspreek aan almal wat gedeel het in die organisasie van die funksie Minka, Helouise & Lindie en die beskikbaarstelling van die woning, vir Hendrik en Ralene Grobler. Ook ‘n groot dankie aan Charlotte vir die kinders se besonderse handgemaakte lekkers.

‘n Spesiale dank aan Minka & CMR wat hierdie ongelooflike veranderinge in ons lewens te weeg gebring het en waarvoor ons ‘n diepe en opregte waardering het.

Groete MJ

Advertisements

About Helouise Steenkamp

I'm a 45 plus, Devoted Wife and Mother. Adonai has blessed us with two Amazingly Wonderful Sons. We have had the privilege of being Place of Safety parents for 1 1/2 years and there after foster parents to a Darling Princess for 5 years. She was reconciled with her biological parents in Dec'14. Our hearts are still aching from the loss, but we know that as we trust Adonai with our salvation, so we can trust Him with her future. We welcomed our new 4 year old foster child on 05JUN'15.
This entry was posted in Ouerondersteuningsgroep. Bookmark the permalink.

One Response to Ondersteuningsgroep – Veiligheids/Pleegsorg Ouers Jaareindfunksie (deur MJ Uys)

  1. Jaco Venter says:

    Ons is baie spyt dat ons nie daar kon wees nie. Hoop ons kan dit volgende jaar maak

Leave a Comment /or Share your Foster Care experience

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s