‘n Vars Kykie na die “Pleegsorgkonsep” – Deel 1

Pleegsorg is idiaal gesien, die tydelike versoring van hulpbehoewende kind/ers, totdat hulle met hul biologiese ouers of familie herenig kan word, wanneer hulle daartoe instaat is om self na die kind/ers te kan omsien.

Of ons as Christene dit besef of nie, is daar niemand beter om die konsep van Pleegsorg te verstaan as juis ons nie. ‘n Christen word deur God se genade, onvoorwaardelik (sonder enige limitasies of beperkinge) aanvaar in Sy familie in.  Ons glo dat God ons in Sy familie aanvaar  deur geen goeie gawe of werke van ons eie nie,  maar slegs deur Sy genade, Sy seun Jesus Christus.  Soortgelyk verwelkom die Christen Pleegouers die Pleegkind in sy huishouding in as ‘n uitvloeisel van God se genade.  Dit beteken geensins dat daar nie verwagtinge is vir ‘n hegte, vervullende en warm ouer–kind verhouding nie.  Maar deur die oë van die Christen Pleegouers, gaan pleegsorg meer oor om te gee – die gee van liefde, kamaraadskap en die voorsiening van materieële besittings, as oor om te ontvang.

Dit is van uiterste belang om op elke dag saam met die pleegkind te fokus en nie in terme van maande of jare te dink nie.  In Klaagliedere 3: 22-23 het ons ‘n wonderlike en kosbare belofte dat God se krag/genade nuut is vir elke nuwe dag!  Die toekoms is in Sy uiters bekwame hande, en dit is vir Hom om dit te bepaal.  Al wat ons as pleegouers moet doen is om elke dag daar te wees om in die behoeftes van hierdie gebroke en stukkende mensies te voorsien.  Ek herhinder myself altyd daaraan dat elke doek wat ek omruil, speelding wat ek optel, nagvrees wat ek probeer weg wieg, soentjie wat ek op traannat wangetjies soen, elke liewe dingetjie wat ek vir hulle doen NOOIT OOIT nutteloos is nie!  Dit is ‘n belegging in die fondasie van die kind se lewe, wat verseël is met onvoorwaardelike liefde. Of die kind by julle as gesin is vir drie maande of vir baie langer, niemand sal dit ooit van hom/haar af kan wegvat nie!.  “Liefde gaan nooit tot niet nie”  1 Korintiërs 13:8 (Die Lewende Bybel)

About Helouise Steenkamp

I'm a 45 plus, Devoted Wife and Mother. Adonai has blessed us with two Amazingly Wonderful Sons. We have had the privilege of being Place of Safety parents for 1 1/2 years and there after foster parents to a Darling Princess for 5 years. She was reconciled with her biological parents in Dec'14. Our hearts are still aching from the loss, but we know that as we trust Adonai with our salvation, so we can trust Him with her future. We welcomed our new 4 year old foster child on 05JUN'15.
This entry was posted in DAILY ENCOURAGEMENT, Foster Care Advice, Ouerondersteuningsgroep, Parenting with Love, Words of Advice. Bookmark the permalink.

Leave a Comment /or Share your Foster Care experience

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s